Helpende Hand Nuus

Helpende Hand betreur die afsterwe van Huis Davidtsz-inwoner

Solidariteit Helpende Hand bevestig met leedwese dat Cora du Plessis op Vrydag, 10 Augustus 2018 in die vroeë-oggendure oorlede is. Du Plessis is Woensdag omstreeks 11:00 deur ’n ambulans na Tswane Distrikhospitaal geneem. Sy woon reeds sedert September 2017 in Huis Davidtsz. Cornelia Isabella (Cora) du Plessis (71), is een van die 150 bejaardes wat…

Lees meer

Virseker-vennootskap verseker Afrikaans se toekoms

Virseker-vennootskap verseker Afrikaans se toekoms Ons geld moet weer Afrikaans praat – Virseker Flip Buys Die Virseker-korttermynproduk van Auto & General het ‘n nuwe ooreenkoms met die Solidariteit Beweging gesluit om Afrikaans te bevorder. Afrikaanssprekendes beskik oor ʼn reusagtige 30% van die totale koopkrag in die land. Maar dit help niks as daardie geld nie…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand gee geboorte aan nuwe selfstandige instelling van die Solidariteit Beweging

Solidariteit Helpende Hand het geboorte gegee aan die nuutste selfstandige instelling van die Solidariteit Beweging, naamlik die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat vir die afgelope paar jaar onder die vlerk van Solidariteit Helpende Hand ontwikkel het. Die uitdaging vir Afrikaanse onderwys is so groot dat die Solidariteit Beweging besluit het om ‘n eie selfstandige instelling, wat getaak…

Lees meer

Projekte met Hart – Julie

DESPATCH Nagenoeg 70 bejaardes word bederf met heerlike middagete, verversings en die rolprent “Die Erfgenaam”. Hierdie suksesvolle, jaarlikse projek word al die afgelope vier jaar gehou en die bejaardes kan gewoonlik nie wag vir die volgende Rolprentdag nie. Jongmense word ook betrek by die dag en 12 Hoërskool-leerlinge het help kos bedien, rolstoele aanry en…

Lees meer

Die wil om te help: Toerusting vir die toerusters

Saterdag 18 Augustus 2018 bied Solidariteit Helpende Hand se Wes-Kaapstreek ’n opleidingsgeleentheid aan toerusters wat graag in hulle gemeenskappe wil help. Hierdie tweede toerustingsgeleentheid vind plaas by Somerset West United Church. Die dag beloof om weereens ‘n leer-en-netwerkgeleentheid te bied vir maatskaplike werkers, sielkundiges, terapeute, onderwysers, beraders, religieuse leiers en enige belangstellendes. Hannes Noëth, Sarie…

Lees meer
katarakte

Jy sal jou oë nie kan glo nie

Soos wat mens ouer word, verswak jou visie met tyd. Katarakte, onder bejaardes, is ʼn groot probleem. Volgens die National Eye Institute (NEI) het bejaardes teen  die ouderdom van 80 jaar ʼn katarak of het dit alreeds chirurgies laat verwyder. Bejaardes tussen die ouderdom van 75 en 85 veg ook die stryd dat ʼn gedeelte…

Lees meer

Projekte met Hart – Junie (2)

Hier is die nuutste Projekte met Hart uit Helpende Hand se trotse vrywilligers! Gauteng-Suid Kempton Park-tak Solidariteit Helpende Hand Kempton Park-tak, het ‘n projek aangepak om hoop te saai onder minderbevoorregte tiener-dametjies.  Die eerste fase van die projek was geloots, en vul ‘n “Sakkie van hoop” was gedeel met die gemeenskap in die Oos Rand-area….

Lees meer
talentwerf

Doen jy vryskutwerk? Wen groot pryse!

Besit jy ʼn vryskutbesigheid? Wil jy jou besigheid bemark en ʼn goeie inkomste daaruit verdien? Talentwerf wil vir jou ʼn bemarkingsplan ter waarde van R30 000 gee om jou besigheid op die been te bring. Die publiek kan vanaf 1 Julie 2018 inskryf vir ons Bemark jouself!-kompetisie en die kans staan om groot pryse te wen. Die…

Lees meer

Projekte met Hart – Junie

Hier is die nuutste Projekte met Hart uit Helpende Hand se trotse vrywilligers! Mpumalanga-streek Bethal-tak Laerskool HM Swart se landsdiens in samewerking met Solidariteit Helpende Hand Bethal tak het speelgoed bymekaar gemaak en geskenk aan Ons Winkel Bethal. Rozelle du Preez het koopbewys van Wimpy gekry vir die meeste speelgoed geskenk. Onderberg-tak Paashaas en die…

Lees meer
studiefondse

Studiefondse vir inwoners van Limpopo en Noordwes

Daar is goeie nuus vir jongmense wat graag in 2019 wil gaan studeer. Die Solidariteit Helpende Hand se Limpopo- en Noordwesstreek het tans 16 studiefondse waarmee daar gehoop word om die studiedrome van inwoners te bewaarheid. Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) help studente wat nie tersiêre studies kan bekostig nie om (deeltyds of voltyds) met…

Lees meer

Studiefondssentrum leer studente lesse in selfstandigheid met rentevrye studielenings

Volgens Statistiek SA is die grootste gedeelte van Suid-Afrika se jongmense tussen die ouderdom van 20-34 jaar oud meer geleerd as hul ouers. Om ‘n graad en jou eie onafhanklikheid te hê word al belangriker in ons samelewing. Almal het egter nie geleentheid om op eie voet deel van die ‘geleerde-poel’ van ons samelewing te…

Lees meer

10 Briewe van dank aan die Studiefondssentrum

Met Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum se tiende bestaansjaar het ons besluit om tien studente te nader om hulle ervaringe te deel. Ons moet erken, ons het wonderlike getuienisse ontvang en ons is dankbaar om so ‘n groot verskil te kan maak. Hier volg 10 briewe van 10 studente: ‘Geagte Stefan, ek wil opreg dankie sê…

Lees meer
internskappe

Hoekom my vakansie opoffer vir ’n internskap?

Studente wat pas hul studies voltooi het, kry dikwels ’n skok wanneer hul begin werk. Hulle besef gou dat hul nie heeltemal voorbereid was op die uitdagings van die werkende wêreld nie. Hoe kan ’n student dan beter voorberei vir die werksplek? PPS het in hul studentevertroueindeks vir 2017 bevind dat 80% van Suid-Afrikaanse studente…

Lees meer

Plaasmoord Studiefonds vir Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum

Die nuutste statistiek oor plaasmoorde toon aan dat daar 680 plaasaanvalle en 94 plaasmoorde per jaar (byna twee per dag) in Suid-Afrika is. In die meeste gevalle is die slagoffers van plaasaanvalle ook geweldig kwesbaar. ‘n Mens lees gedurig van vroue, kinders en bejaardes wat erg mishandel word. Hierdie stories, die wreedheid daarvan en die…

Lees meer

Projekte met Hart April

Lees gerus waarmee Solidariteit Helpende Hand se takke mee besig is. Hier projekte met hart word maandeliks opgedateer.   HENNEMAN Die Hennenman-tak het ’n finansiële werkswinkel aangebied op Saterdag 14 April waartydens die gaste ingelig was oor verskeie finansiële aspekte wat hulle sente kan rek. Temas wat aangeraak was is as volg: • Skuld •…

Lees meer

Buitelandse steun – ʼn Oorsig oor die boek Minderheid in eigen land

Nuus oor die huidige plaasmoordkwessie in ons land, is besig om al vinniger na internasionale netwerke te versprei. In die afgelope twee maande is daar onder andere optogte in België en Australië gehou om bewusmaking oor hierdie kwessie te kweek.   ʼn Internasionale meningsvormer, Martin Bosma, wat geweldige steun aan ons land ten opsigte van…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand ondersteun bejaardes met gehoorverlies

Ons bejaardes kry swaar. Tydens ’n onlangse studie wat deur Solidariteit Helpende Hand gedoen is, is daar bevind dat medikasie en mediese apparaat dié grootste behoefte onder bejaardes is. Die oorsake daarvan verskil, maar moontlike redes kan wees die feit dat slegs 27% van bejaardes pensioen buiten die maandelikse SASSA-toelaag ontvang en dat ’n skokkende…

Lees meer

Jou kind se ‘Vrees vir syfers’ is moontlik ‘n erkende angstoestand

Soveel mense is steeds onder die indruk dat wiskunde-angs en syfer-angs ‘n dood-normale ‘vrees vir syfers’ is en dat hul kind dalk maar net nie wiskundig aangelê is nie. Navorsing toon egter dat jou kind se vrees vir wiskunde nie bloot toegeskryf kan word aan ‘onvoldoende wiskundige-vermoëns’ of kognitiewe probleme nie. Jou kind kan top…

Lees meer

Die beste wiskunde-apps vir tieners

Daar is meer as 20 miljoen aktiewe slimfone in Suid-Afrika en navorsing wat in 2013 gedoen is, het bevind dat nagenoeg 90% van slimfooneienaars in Suid-Afrika apps aflaai, maar om jou selfoon te gebruik om jou wiskunde punte te verbeter is nog ’n volksvreemde gedagte. Nietemin het Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) die volgende…

Lees meer

Kleuters kuier by ouetehuis in Sunnyside

Die kleuters van Siembamba Kleuterskool in Centurion het op 8 Maart 2018 gaan besoek aflê by  Harmonie-oord Ouetehuis in Sunnyside, Pretoria. Die doel van die besoek was om die meer as honderd bejaardes by die ouetehuis bietjie te bederf en ook om ʼn skenking wat die kleuterskool ingesamel het, aan die ouetehuis te oorhandig. Solidariteit…

Lees meer

My graadeen sukkel met wiskunde, hoe nou?

Niemand twyfel meer dat daar ʼn krisis is met Suid-Afrikaanse leerders se swak prestasie in wiskunde nie. Daar is egter baie wat ouers van vroeg af kan doen om seker te maak dat hulle kinders die mas opkom. Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die volgende wenke vir ouers met kinders in die lae…

Lees meer

Vergeet van slaagsyfers, begin ’n beter onderwysstelsel

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand is glad nie verras deur die minister van Basiese Onderwys se voorstel vir ’n verlaagde slaagvereistes vir graad 7 tot 9 nie. Hierdie wysiging sal net lei tot nog laer onderwysstandaarde en ons kinders vir nog verdere mislukking voorberei. “Dit help nie die Minister probeer die reeds siek…

Lees meer

Gevaartekens flikker as regering sny aan basiese onderwys

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is bekommerd dat die besluit om die begroting van basiese onderwys te sny, tot gevolg gaan hê dat kinders ongeskool gelaat gaan word. Dié besnoeiing sal ongetwyfeld ʼn negatiewe effek op klasgrootte en leerderprestasie hê.   Die planne van die minister van finansies om die mediumtermynbegroting vir die Departement van Basiese Onderwys…

Lees meer

Is gehoorverlies jou toekoms?

Solidariteit Helpende Hand verskaf wenke om gehoorverlies te voorkom Helpende Hand is besig om bewusmaking te skep oor die groeiende aantal mense wat aan gehoorverlies ly. Gehoorverlies in bejaardes is baie meer algemeen as wat mense dink. Dit is egter nie net bejaardes wat met hulle gehoor sukkel nie, maar jongmense ook. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie…

Lees meer

Vyfpuntplan vir suksesvolle maatskaplike ontwikkeling

Solidariteit Helpende Hand wil graag Susan Shabangu verwelkom as die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Helpende Hand glo ook dat dit binne haar mag is om hierdie uiters belangrike departement te laat floreer. Met ’n werkloosheidsyfer van meer as 27%, amptelik die hoogste werkloosheidsyfer in die wêreld volgens die WEF, is die rol van die departement…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand ondersoek die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling

Na agt jaar van kontroversie is Suid-Afrikaners huiwerig om ’n nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling te vertrou. Daarom het Solidariteit Helpende Hand dit goedgedink om verslag te lewer oor Minister Susan Shabangu se agtergrond. Minister Shabangu is bekend daarvoor dat sy dikwels teen die ANC en gewese-president Zuma se wil opgetree het. Sy was ook…

Lees meer

Tassies uitgedeel by Laerskool Tzaneen

Die jaar het met groot opwinding vir die graadeens by Laerskool Tzaneen begin. Dié skool is een van meer as 60 skole landwyd wat gelukkig genoeg is om deel uit te maak van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek.   Die Skooltassieprojek poog om ʼn onmisbare bydrae in kinders se lewens te maak en behoeftige graadeens…

Lees meer

2018 Moedertaaldag

Wat is ʼn mens se moedertaal? Dis jou huistaal, jou hartstaal, die een wat jy hoor nog voor jy gebore word, die een waarin jy skel en bid, liefhet en baklei. Taal is ʼn kommunikasiemiddel uniek aan mense. Wikipedia beweer dat daar 7 099 tale in die wêreld gepraat word, waarvan net 23 werklik wyd…

Lees meer

Die belangrikheid van eie boeke

Een van die belangrikste items wat enige kind ooit gaan besit, is ’n eie boek. Hierdie klein, dog uiters groot besitting is die poort na ’n lewe vol opwinding, en later ook die sleutel tot akademiese sukses. Die beskikbaarheid van leesboeke in jong kinders se opvoeding is van kardinale belang. Die voordele verbonde aan kinders…

Lees meer

Hoe meer jy lees, hoe minder jou kans om tronk toe te gaan

Neil Gaiman, ʼn bekende Amerikaanse skrywer en spreker, het op ʼn keer New York besoek, waar hulle in die proses was om ʼn  tronk te bou. Die tronkbestuur moes ʼn formule vind om te bepaal hoeveel selle oor 15 jaar nodig gaan wees. Daar is op ʼn  eenvoudige formule besluit: Die aantal selle wat gebou…

Lees meer

Volhoubare oplossings vir tersiêre studie is moontlik

Heher-kommissie se verslag kan beteken dat staat R34,6 miljard vir “gratis onderwys” moet opdok vir tersiêre studie Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) is van mening dat daar meer volhoubare metodes vir die befondsing van tersiêre studie bestaan. Die instelling is reeds vir byna ’n dekade besig om behoeftige studente te finansier. Die SFS is…

Lees meer

Afrikaanse skole behaal ʼn slaagsyfer van 86%

Luidens ʼn verslag oor die 2017-matriekeindeksamen het Afrikaanse skole aansienlik minder druipelinge as ander staatskole opgelewer. Die verslag is deur Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) saamgestel en bevat insiggewende syfers oor die waarde van moedertaalonderrig in die matriek-eindeksamen. Die SOS is van mening dat Suid-Afrika ʼn taalprobleem eerder as ʼn onderwysprobleem het. Die bewyse…

Lees meer

Helpende Hand spreek swak leesvermoë met Skooltassie-projek aan

Die dreigende krisis in Suid-Afrikaanse kinders se leesvermoë word vanjaar deur Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek aangespreek. Dit volg na die organisasie bevind het dat 55% van behoeftige kleuters nog nooit ’n leesboek besit het nie.   Helpende Hand het onlangs navorsing gedoen onder ongeveer 60 skole om te bepaal wat die grootste behoefte is…

Lees meer

Die werksoeker en die kennis ekonomie

Jy verloor jou werk. Vir maande soek jy werk, maar die mark is so vol van werksoekers dat die werkgewers kan kies en keur. En die honderde CV’s wat jy gestuur het, het nog geen vrugte afgewerp nie? So hoe word jy die kandidaat wat die werkgewer die foon laat optel? Wat is die kennis…

Lees meer

Lesufi kry 14% vir sy fokus op onderwys, 100% vir eiewaan

Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyasa Lesufi, is ’n ywerige twitteraar. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand het Lesufi se prestasie gemeet in die medium waarin hy gemaklik kommunikeer. Tien  brandende kwessies in onderwys is geïdentifiseer uit onlangse verslae oor Suid-Afrika se onderwysstandaard. 500 twiets is vanaf Lesufi se tydlyn getrek vanaf 26 Januarie…

Lees meer

Departement se boelie-taktiek werk toe nie

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) is verheug oor Regter Bill Prinsloo se beslissing in die saak tussen Hoërskool Overvaal en die Departement van Basiese Onderwys in Gauteng. Die SOS is egter bekommerd oor die wydverspreide boelie-taktiek wat deur die departement geïmplementeer is om hulle sin te kry. Regter Prinsloo het beslis dat Hoërskool Overvaal…

Lees meer

Nuwe jaar, nuwe werk?

Aan die begin van ’n nuwe jaar is dit baie van ons se voorneme om ons droom werk dié betrokke jaar te kry. Die getal mense wat werk soek se syfers styg elke jaar skerp in Januarie. Sommige van ons soek ʼn nuwe werk waar ons ons loopbaan-drome kan verwesenlik, ander hoop vir  ʼn groter…

Lees meer

Kerswense vir Danville

Solidariteit Helpende Hand het op 18 Desember 2017 hoop in die Danville gemeenskap geskep wat swaar onder maatskaplike euwels soos armoede gebuk gaan! Die gemeenskap is verras deur ‘n besoek van bekende sangers en akteurs en die Helpende Hand-span. Sangers soos Monique Steyn, Hennie Jacobs, Paulo Azevedo en Altus Theart het saam met Helpende Hand…

Lees meer

Motorfietsryers neem bejaardes vir pretrit by Kerspartytjie

Die strate van Danville is Saterdag 9 Desember 2017 gevul met die geluid van brullende motorfietse toe Solidariteit Helpende Hand se Motorfietsklub ’n groep behoeftige bejaardes kom oplaai het. Die bejaardes is vir ʼn pretrit op die motorfietse geneem en bederf met ’n Kersete, kompleet met ’n Kersvader op ’n motorfiets, en hope geskenke.  …

Lees meer

Help Afrikaanse jongmense om hul volle vermoë te verwesenlik

Die omvangryke krisis in die land se swartonderwys is welbekend. Daarteenoor bedek die uitnemende prestasie van Afrikaanse skole soms die verskuilde onderrigprobleme in die Afrikaanse gemeenskap. Statistieke van die Solidariteit Navorsingsinstituut wys dat hier egter ook groot probleme skuil.   ʼn Belangrike aanwyser van die onderwysuitdagings onder bruin jongmense is dat ʼn skrale 2,5% bruin…

Lees meer

30 Mpumalanga- Kerswense oor 30 dae!

Dit is amper Kersfees en Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga-streek wil mense se Kerswense bewaarheid. Van 15 November tot 15 Desember 2017 kan mense iemand nomineer om ʼn wens vir daardie person te bewaarheid. Oor die volgende 30 dae sal daar elke dag ʼn wens ter waarde van R1 000 gekies word om op die…

Lees meer

Hou bedelaars van die straathoeke af met dié koepon

Solidariteit Helpende Hand is besig om Pretoria en Centurion se bedelaars van die straat af te kry. Met die jaarlikse #geeREG -veldtog wil ons publiek aanmoedig om dié organisasie, in samewerking met Moeggesukkel Rehabilitasiesentrum, se koeponprojek te ondersteun. In 2016 is die #geeREG-koepon op die been gebring met die oogmerk om die aantal bedelaars op…

Lees meer

Staat dra al minder tot onderwys by, maar wil al meer voorskryf

Om onderwys van wêreldgehalte te bied, moet ons by die wêreld se bestes gaan leer Die voorgestelde wysigingswetsontwerp op die Skolewet is heel gepas op Vrydag die dertiende gepubliseer. Wysigings aan die Skolewet sal neerkom op nasionalisering van skole. Dit sal openbare skole in Suid-Afrika omskep in staatskole, waar amptenare finale sê het oor alle…

Lees meer

Helpende Hand lig jongmeisies oor borskanker in

Solidariteit Helpende Hand se Wagpos-jeugtak het die meisies van Hoërskool Wagpos bemagtig deur ’n praatjie oor borskanker aan te bied. Die praatjie is deur die plaaslike KANSA-tak aangebied en daar is fondse vir KANSA ingesamel. Die Wagpos-jeugtak op Brits bestaan uit onderwysers, leerlinge en ’n paar ouers. Die tak fokus op die verligting van armoede…

Lees meer

Helpende Hand skep ’n studiefonds vir plaasmoorde

Vir baie Suid-Afrikaners lê boere na aan die hart en so ook vir Solidariteit Helpende Hand. Ons het daarom besluit om ʼn studiefonds te stig wat op boere-gemeenskappe fokus. Dié fonds sal spesifiek aangewend word om vir die kinders wie se ouers slagoffers van plaasmoorde was, te sorg sodat hulle hul studies kan voltooi. Sedert…

Lees meer

Esidimeni: Helpende Hand versoek dat gewese LUR gedagvaar word om te getuig

Solidariteit Helpende Hand wil hê die gewese Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, moet in die arbitrasieverhoor oor die onnodige sterftes van tientalle gestremdes kom getuig. Helpende Hand is van mening dat sy die arbitrasieproses moet bywoon om verantwoording te doen vir die gevolge van onoordeelkundige besluite. Die gewese LUR het in Februarie 2017 bedank…

Lees meer

Skoleondersteuningsentrum skep unieke Afrikaanse-vereniging vir grondslagfase-onderwysers

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bring vandag, 18 Oktober 2017, die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) op die been. Die doel van hierdie vereniging is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfase-onderrig van Gr RR tot Gr3 te versterk tydens hierdie kritiese fase van kinders se ontwikkeling. ʼn Honderd onderwysers van 14 skole kom vanmiddag…

Lees meer

Waardige vroue help om meisies in die skool te hou

Elke jaar woon duisende vrouens die Worthy Woman-konferensie wat deur bekende motiveringspreker, Gretha Wiid aangebied word, by. Konferensiegangers is gevra om sanitêreware saam te bring en duisende pakkies is ingesamel. Vanjaar is daar besluit om sanitêreware vir Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek in te samel. Die vrouens is gevra om barmhartigheid teenoor behoeftige tienermeisies te…

Lees meer

Presteer tot 15% beter in jou studies

Die behoefte aan beter onderrigmetodes is groter as ooit en opvoedkundige video’s speel ’n al groter rol. Leerders wat van video’s gebruik maak om te studeer, presteer gemiddeld 15% beter as hulle klasmaats. Solidariteit Helpende Hand het ʼn steekproef onder graad 4 tot 7 leerders gedoen om te sien wat die beste onderrigmetode is. Die…

Lees meer

Wen Wiskunde met www.wolkskool.co.za  

Wiskunde word die “hekwag” genoem – die vak wat waghou vir keuring tot talle uitstekende tersiêre kwalifikasies. Daar is baie hulp te kry – soms is dit goeie hulp, soms help dit mens van die wal af in die sloot. Hier is ’n paar redes waarom www.wolkskool.co.za deel moet vorm van enige gesin se wedstrydplan…

Lees meer