Skip to content

Helpende Hand Nuus

Helpende Hand wil armoede met finansiële vernuf verbreek

Solidariteit Helpende Hand het Vrydag sy #VerbreekArmoede-veldtog bekendgestel om armoede met finansiële kundigheid hok te slaan. Hannes Noëth, besturende direkteur van Helpende Hand, het tydens ’n mediakonferensie in Centurion gesê dié welsynsorganisasie se hoofdoel is om armoede te verlig, te verbreek en te voorkom. “Die rentevrye studielenings wat Helpende Hand se studiefonds jaarliks verskaf aan…

Lees meer

Liefdadigheidsorganisasies vat hande vir gratis mediese hulp

Twee liefdadigheidsorganisasies, Solidariteit Helpende Hand en Operation Healing Hands (OHH), het vandeesweek hande gevat om behoeftige mense met gratis mediese hulp by te staan en sodoende die las op staatshospitale se waglyste te verminder. Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Helpende Hand fokus om ʼn antwoord op…

Lees meer

Geld versus liefde

“As armoede by die voordeur instap, stap liefde by die agterdeur uit,” is ’n gesegde wat gereeld in ligte luim gebruik word. Daar is diegene wat voel liefde oorwin alles in ’n verhouding en geld maak nie saak nie. Dan is daar ook diegene wat trou vir geld en voel liefde is minder belangrik om…

Lees meer

Speelgoedbiblioteek bring vreugde vir arm kleuters

Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkel in Centurion het ’n besige maand agter die rug nadat ’n berig oor dié winkel se liefdadigheidsbedrywighede in Desember op Maroela Media gepubliseer is. Lizel Smith, bestuurder van Ons Winkel in Centurion sê die terugvoer ná die berig was oorweldigend. “Ons moes maar bontstaan om vir die skenkings plek te maak en…

Lees meer
Lukas Coetsee entrepreneurskap

Helpende Hand bied leiding vir entrepreneurs

Deur Lukas Coetsee Hoe meer mense in staat is om besighede te bedryf en ons hul besighede ondersteun, hoe sterker word ’n samelewing. Die bose afwaartse spiraal wat armoede veroorsaak, kan alleenlik omgekeer word met die skep van ’n vorm van vooruitgang en welvaart waar mense hulself en dié na aan hulle ophef. Hoeveel mense…

Lees meer

ʼn Teater vol bejaardes, looprame en krukke

Dis Donderdagoggend. Jy ontmoet ʼn vriendin vir ʼn vinnige cappuccino in die Brooklyn-winkelsentrum voor jou volgende vergadering. Ek is laat, tik jy met ʼn geoefende duim op jou foon terwyl jy deur die winkel se voetverkeer vleg. En dan, skielik, bons jy vas in ʼn lyf voor jou wat veel stadiger as jy beweeg. “Ekskuus,” mompel…

Lees meer

Helpende Hand se Tassie-projek gaan matriek toe

Talle van die hulpbehoewende graadeens wat twaalf jaar gelede van die eerstes was wat ’n volgepakte skooltassie van die Solidariteit Helpende Hand ontvang het, is vanjaar in matriek. Drie van dié matrikulante was Vrydag saam met bekendes soos die voormalige Springbokrugbyspeler Bakkies Botha en Ivan Roux, van Die Kontrak-faam, by die Nederduits-Gereformeerde Kerk in Booysens om…

Lees meer
Die opening van Ons Sentrum. maatskaplike werkers

Helpende Hand pak maatskaplike probleme

Solidariteit Helpende Hand het vandeesweek geskiedenis gemaak met die opening van sy eerste Ons Sentrum-gemeenskapsentrum, wat met ʼn netwerk van maatskaplike werkers en kundiges se hulp gaan help om Afrikaner-armoede te verlig. Dié sentrum wat geleë is in die sportsaal van die NG Kerk Onderstepoort in Pretoria-Noord, is die eerste van sy soort om verskeie…

Lees meer
Lukas Coetsee entrepreneurskap

Die belangrikheid van entrepreneurskap

Deur Lukas Coetsee Alle lande lewer hul kwota entrepreneurs wat die samelewing verryk met innovasie en die lewering van ’n uiteenlopende reeks goedere en dienste. Hierdie groep mense is kosbaar aangesien hulle geleenthede identifiseer, hul eie geld waag in die ekonomiese ketting en die werklike skeppers van werk en welvaart is. Nie enige mens het…

Lees meer

R38 miljoen sodat behoeftige studente kan studeer

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) het R38 miljoen se geldelike steun gewerf om meer as 1200 behoeftige Afrikaanssprekende studente in 2019 te help om te studeer. Volgens Stefan Pieterse, hoof van SFS, is dit die produk van harde werk en meer as 200 donateurs se oop harte en hande.“Die SFS is ʼn inisiatief van…

Lees meer