Liewe Leser

Brief 49 Dit het my ‘n rukkie gevat om te besef dat die lewe jou régtig niks skuld nie –nie eens ’n verskoning nie … Sowat ’n paar dae terug het ’n video my oog gevang. Daarin verduidelik ’n vrou dat ons almal dikwels omgee wat ander van ons dink en dat dit onnodig is,…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 48 Een van my gunstelingdigters, C.J. Langenhoven, het geskryf: “Beleefdheid is die hoedanigheid van hart wat die stukkende hekkie nie raak sien nie en die aandag vestig op die blomme in die tuin.” Dit laat my terugdink aan een van my goeie herinneringe aan ons huis: Ons huisgesin het sowat ’n jaar en ’n…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 47 Ek het ’n vriend gehad saam met wie ek gereeld by sy ouma en oupa gaan kuier het. As gevolg van moeilike omstandighede het sy grootouers hom grootgemaak, dus het hy baie tyd in hulle huis en tuin deurgebring. So streng soos wat sy grootouers was, het hulle hom as hul eie opgepas…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 46 Uit ervaring weet ek dat dit jou absoluut niks help as jy van jou uitdagings af probeer weghardloop nie. Selfs al help dit vir ’n rukkie, bly die uitdaging steeds by jou spook, want jy weet dit sal vir jou wag om opgelos te word. Afgesien hiervan dink ek dis normaal om soms…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 45 Ek het ‘n rukkie terug ons familiebegraafplaas besoek en na ons generasies se grafstene gaan kyk. Van die datums strek terug tot  die 1800’s. Heelwat kindergrafte. Báie seer. My ouma het seker gemaak dat ons van kindsbeen af weet waar die plaas is en waar sy bly. As kind was dit soms frustrerend…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 44 Ons is terug en daar is nuwe ink in my pen. Die feit dat jy hier is, sê vir my dat jou storie nog nie klaar is nie en dat daar nog ink in jou lewenspen lê. Tel dit op en skryf. Maak foute en maak reg. Skets jou drome en trek vir…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 43 Vandag het ek die voorreg om vir oulaas ‘n brief te skryf, voordat ek my pen neersit en die laaste stukkie van 2023 waardeer wat vir my gegee is. Tans lê daar 42 briewe opgehoop in jou posbus, skoenboks of laaikas. As briewe vir ‘n mens belangrik is, bêre jy dit soos ‘n…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 42 Liewe Leser As daar een ding is wat my hierdie jaar verbaas het, is dit die onsigbare draad wat mense van reg oor die wêreld met mekaar verbind. Die eerste brief wat in Suid-Afrika gelaat en deur ’n ontvanger gevind is, is in die 1500’s geskryf deur ’n Portugese ontdekkingsreisiger, Pêro de Ataíde.…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 41 In my kleuterdae het ek, soos baie ander kleuters, nooit daarna uitgesien om my ouers by die kleuterskool te groet nie en het elke totsiens my gewoonlik in trane gelos. Die uitdaging het nie noodwendig in die kleuterskool gelê nie, maar eerder in die tydelike afwesigheid van ’n ouer. Voor die kleuterskool se…

Lees meer

Liewe Leser

Brief 40 In die stil hoekies van ons harte, waar die skaduwees van eensaamheid dikwels groot kan wees, is daar ’n onvervulbare honger na geselskap. Hierdie behoefte aan sielskos lê nie noodwendig net in die verlange om saam met iemand te wees nie, maar eerder om te verstaan en aanvaar te word. Ja, liewe Leser,…

Lees meer