#LieweLeser
Een van my gunstelingdigters, C.J. Langenhoven, het die volgende woorde neergepen: “Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.”
Een van die grootste lewenslesse wat ek hierdie geleer het, was om te besef dat ons soms geduldig met ongeduldige mense moet wees. In plaas daarvan om te luister net om te reageer, moet ons na mekaar luister met die doel om te verstaan. As ons onsself in ander se skoene plaas, kan dit ons help om beter begrip vir mense se uitdagings te hê.
Dikwels onderskat ons die impak van klein dade van omgee. Soms is ’n eenvoudige boodskap, ’n stewige handdruk of ’n woord van bemoediging genoeg om iemand se hele dag ten goede om te draai. draai. Om jouself in iemand anders se skoene in te dink, help ons om met meer begrip en geduld teenoor mekaar op te tree. Al voel jou daad klein en gering, kan dit iemand se lewe ligter maak. Só help ons in hart.
Hilde Kruger
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5
